“Sion is die soetste en mooiste baba in die hospitaal.”

Só het ‘n trotse Bobby van Jaarsveld Dinsdag aan Huisgenoot gesê oor die geboorte van sy eersteling.

Bobby se vrou, Annatjie, het Maandagmiddag omstreeks 15:00 met behulp van ‘n keisersnee geboorte geskenk aan hulle seun Sion.

“Ons wil almal bedank vir hulle boodskappe en gebede. Ook baie dankie aan almal by die Pretoria-Oos-hospitaal,” het Bobby gesê.

Die verwagte aankomsdatum van die nuwe pienkvoet was reeds vroeg hierdie maand.

Volg Huisgenoot op Twitter.

(Die foto van Bobby is in die hospitaal geneem. Hy het dit op sy Facebookblad met sy aanhangers gedeel.)