“Ek het gedink ek is te jonk om op 24 al pa te wees. Omdat ek so lief vir social was, het ek vir die Here gevra om my ‘groot’ te maak, rustiger te maak.

“Toe gee Hy vir my Annatjie en ‘n kind. Sion het alles verander.

“Jy besef jy’t nie voorheen mooi geweet waaroor die lewe gaan nie. Ek is deesdae baie rustiger, dis nie meer so ‘n gejaag na wind nie. Ek het onlangs ‘n liedjie vir Sion geskryf oor vrede wat hy vir my gebring het, My Berg Sion,” vertel Bobby van Jaarsveld.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo praat Bobby openhartig met Hannelie Booyens oor sy lewe, roem en waarom sy sexy voorkoms soms ‘n las is. Hy erken ook dat vaderskap nie speletjies is nie en dat die vermaakbedryf soms vol maskers en politiek kan wees.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo. 

Volg Huisgenoot op Twitter.