Die Van Jaarsvelds is darem ’n talentvolle gesin! Bobby en Karlien is vir nie minder nie as vier Huisgenoot-Tempo-toekennings benoem.

Bobby se liedjie Totaal Finaal is vir liedjie van die jaar benoem en ousus Karlien in drie kategorieë.

Haar album Uitklophou is vir die pop-/sokkiedansalbum van die jaar benoem en Hande is ’n finalis in die kategorie musiekvideo van die jaar. Dié liedjie is ook benoem vir liedjie van die jaar.

“Ek is al van kleins af so dat ek liewer sal wens my broer kry iets, voor ek dit kry,” erken Karlien.

Al het sy met die jare al talle pryse gewen, raak sy vandag nog opgewonde daaroor.

“Dis altyd ’n groot voorreg om benoem te word. Dit wys waardering vir jou musiek en harde werk.”

Die Huisgenoot-Tempo-toekennings word op 3 Junie in Emperors Palace oorhandig.

Stem sommer nou vir jou gunsteling, want ’n leser wen vanjaar ’n luukse Suzuki van R180 000. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel; jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat daarmee spog.

STEM HIER VIR JOU GUNSTELINGE - SMS OF AANLYN!

- Joshua Carstens

FB