Dit was duidelik tydens Huisgenoot se Skouspel-vertoning dat Bobby van Jaarsveld een van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars is.

Elke keer wanneer Bobby op die verhoog verskyn het, het die skare onbeheerlik gegil en onophoudelik vir hom hande geklap.

Nou het Bobby nóg goeie nuus ontvang. Hy het diehoofrol losgeslaan in ‘n musiekblyspel wat beloof om die grootste van sy soort te wees.

Dawid, Die Musiekblyspel handel om die werk en lewe van die Bybelse koning Dawid.  ‘n Man na aan God se hart.

Volgens Bobby is hierdie die hoogtepunt van sy loopbaan tot op hede.

Onder leiding van Johan Vorster en Arnold Coleske beloof hierdie produksie om die grootste van alle tye wees.

As gevolg van die omvang van hierdie produksie, sal Bobby se aanhangers ongelukkig moet wag tot 2013 om hom in die rol van Dawid te sien.

*Bobby en sy vrou Annatjie is vandag weer na die dokter vir ‘n sonar. Hulle eersteling, Sion, behoort binnekort sy verskyning te maak. 

Volg Huisgenoot op Twitter.