Die sanger Bobby van Jaarsveld straal behoorlik van geluk na sy onlangse verlowing aan sy jeugliefde Annatjie Rheeders.

Hy het onlangs aan Huisgenoot vertel dat hy op 7 Januarie buite Pretoria trou en die gastelys staan al op ’n allemintige 300.

“Ek en Annatjie het so baie vriende en familie en as ons enigsins kon, sou daar seker 500 mense gewees

het,” het hy laggend gese.

Hy het ook verklap ’n orkes gaan die hele pad van die Weskus kom om die gaste te vermaak.

Suid-Afrika se nuutste glanspaartjie het in Augustus verloof geraak.

Die twee het mekaar in graad 8 ontmoet.

[gallery link="file" order="DESC"]