Wyle Whitney Houston se 20-jarige dogter, Bobbi Kristina Brown, het glo met Nick Gordon getrou. Bobbi het die nuus gister op Twitter bekendgemaak. Sy het foto’s van die egpaar se trouringe geplaas met die byskrif #HappilyMarried• SO#Inlove• daarby.

[caption id="attachment_63819" align="aligncenter" width="450"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Volgens die Daily Mail het die twee in Oktober 2012 die eerste keer verloof geraak voor hulle hul verhouding ’n ruk lank beëindig het. Hulle het in Julie verlede jaar versoen en is nou mnr. en mev. Gordon.

Hul verhouding het die wenkbroue laat lig, want Nick (24) het by Bobbi Kristina en haar ma ingewoon. Bobbi en Gordon het soos broer en suster grootgeword, al is hulle nie familie nie. Whitney het Nick blykbaar aangeneem toe hy 12 was en hy was soos ’n seun vir haar.

Bronne: Daily Mail, NYDaily News