Hewitt, wat gevonnis is tot ses jaar gevangenisstraf weens twee aanklagte van verkragting en seksuele aanranding, wou in dié hof teen sy skuldigbevinding appelleer nadat sy appèl teen sy vonnis in die appèlhof in Bloemfontein misluk het.

Waar Hewitt in die 1970’s die tennisbane oorheers het en in beide die mans-dubbelspel en die gemengde dubbelspel saam met medespelers die Amerikaanse Ope, Wimbledon, die Australiese Ope en die Franse Ope gewen het, het Hewitt in die land se howe die een na die ander verloor.

Hy is vroëer vanjaar in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan die verkragting van twee meisies en die onsedelike aanranding van nog een.

Lees ook: Seksskok oor SA tennisster

Hy was dié meisies, wat almal nou vroue in hul 40’s is, se tennisafrigter toe hulle jonger was. Hewitt is toe tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.

Lees ook: Regter beslis in Bob Hewitt-verkragtingsaak

Hewitt het homself toe gewend tot die appèlhof in Bloemfontein, waar sy aansoek tot appèl van die hand gewys is. Sy laaste hoop was op die konstitusionele hof.

Lees ook: Huilende slagoffer bly Hewitt se appèl teen tronkstraf vir seksdade misluk

Luidens ’n verklaring deur die konstitusionele hof het ’n volbankregters die aansoek vir direkte toegang tot dié hof oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom die aansoek moet van die hand gewys word “want dit ontbreek enige vooruitsigte van sukses”.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê rëelings is reeds met Hewitt getref vir wanneer hy by ’n Gautengse tronk moet aanmeld om met sy vonnis te begin. Hewitt moet homself teen 20 September oorhandig.