"Ek het, ongelukkig,” het Hewitt tydens die sitting van die Johannseburgse Hooggeregshof in Palm Ridge verklaar. Hy het onskuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding.

"Ek het in ’n grap gesê dat, as ek verkragting nie kon vermy nie, ek net agteroor sou lê en dit geniet,“ het hy aangevoer. Die 75-jarige Hewitt sê hy het dié aanmerking teenoor ’n klompie seuns gemaak vir wie hy in die 1980’s en 1990’s tennislesse geggee het. Volgens hom het die aanmerkings na tennistaktiek verwys. Een van die drie vroue wat Hewitt van verkragting en seksuele aanranding aankla, het egter Woensdag gesê dat hy die aanmerkings aan haar gerig het.

'Verkragting is altyd lekker en as ek jou sou verkrag hoef jy net te lê en dit te geniet.'

Die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie, het Woensdag aan die hof vertel: "Hy was nogal heel joviaal tydens ’n privaat ]les ... ons het taktiek bespreek. Hy sê toe aan my 'verkragting is altyd lekker en as ek jou sou verkrag hoef jy net te lê en dit te geniet.'"

Hewitt het in sy hoofgetuienis ontken dat hy dit aan haar gesê het.

Die hof het ook gehoor dat Hewitt ten minste een van sy vermeende slagoffers uitgevra het oor haar menstruele siklus.

Hewitt het Donderdag erken dat hy dit wel gedoen het.

"Wanneer ek opgemerk het dat ’n jong dame nie alte goed speel nie, het ek vir haar gesê sy moet vir my sê as dit die verkeerde tyd van die maand is, dan druk ek haar nie te hard nie.”

Die vrou het beweer dat Hewitt sy liggaam gedurende hul privaat tennislesse op ’n onbehoorlike wyse teen haar rug gevryf het.

Suellen Sheehan, nog ’n beweerde slagoffer, het getuig dat Hewitt haar in 1982, voor ’n tennisoefening, in sy kar verkrag het. Sy was toe 12 jaar oud.

Theresa Tolken het aan die hof gesê dat Hewitt haar 34 jaar gelede, toe sy 12 was, onvanpas aangeraak het en haar gedwing het tot orale seks met hom.

Hewitt het die aanklagte van orale seks as onsin afgemaak.

"As ek langs die pad stilgehou het (soos sy getuig het), sou die polisie of ’n insleepvoertuig kort daarna ook daar stilgehou en gesien het hoe geniet ek die speletjie. Dit maak net nie sin nie,” het Hewitt verklaar.

- Sapa