Tallose studies, boeke and flieks het al die ingewikkelde sosiale verhoudings tussen tienermeisies bestudeer en gekyk na hoe sogenaamde “gemene meisies” se kop werk.

Maar nou beweer wetenskaplikes seuns is dalk die werklike skuldiges. Navorsers aan die Universiteit van Georgia in Amerika het in ’n studie van seuns en meisies bevind seuns is ook sosiaal aggressief, soms meer as meisies.

“Elke keer dat daar ’n studie oor relasionele aggressie is, word meisies bestudeer,” sê Pamela Orpinas, een van die navorsers, aan BuzzFeed Life. “En boeke en webtuistes fokus ook op seuns. Daar is baie min navorsing oor seuns.”

Pamela en haar span het leerders vrae gevra soos hoe gereeld hulle oor die afgelope 30 dae hulle iemand uit ’n sosiale groep uitgesluit het, iemand probeer dwing het om iets te doen, vals gerugte versprei het of twee vriende van mekaar probeer skei het.

Hulle het ook gevra hoe gereeld hulle die slagoffers van sulke gedrag was.

Hulle het ontdek seuns het meer dade van aggressie as meisies gepleeg het, ook dat meisies waarskynliker die slagoffers sou wees.

Gelukkig het die navorsers ook goeie nuus gehad: Hulle het bevind die meeste kinders val in ’n “lae” kategorie, wat beteken die meeste kinders sal ’n vriend swak behandel, maar die gemene gedrag is nie permanent of deurlopend nie.

Bronne: BuzzFeed, Onlinelibrary.wiley.com

Help jou kind ’n geboelie beveg:

-        Bou hul selfbeeld. “Ondersteun hulle emosioneel. Dit is belangrik vir hulle om genoeg selfvertroue te hê,” sê Claire O’Mahoney van die Sandton Psychology Centre in Johannesburg.

-        Help hulle ondersteuningsnetwerke skep. “Dit is belangrik dat ander mense in jou kind se lewe hulle ook met die probleem help,” sê Anel Annandale, ’n opvoedkundige sielkundige in Kaapstad. Sy sê dit kan familielede of kinders van dieselfde ouderdom wees.

-        Leer hulle hoe om die ongeskikte kinders te konfronteer. “Hulle moet daardie kinders kan vertel hul gedrag is onaanvaarbaar,” sê Anel.

-        Help hulle verstaan hul omstandighede is nie uniek nie; hulle sal dalk later in hul lewe ook sulke mense teëkom, sê Claire. Die belangrikste is om nie ander kinders se gedrag te probeer verander nie, maar dat jou kind moet besluit hoe om die situasie te hanteer.