Die popster het ook verskeie foto’s van die kleinding se doopplegtigheid geplaas.

A photo posted by Lady Gaga (@ladygaga) on

Gaga, wie se regte naam Stefani Germanotta is, het ’n swart-wit foto gedeel waarop sy Sistilia, in ’n tradisionele wit rokkie, in haar arms vashou.

Vir die geleentheid was die flambojante sangeres stemmiger geklee: Sy het ’n wit toeknoopbloes gedra en wit krytblommetjies in haar hare gehad. Sy het by die Instagram-foto geskryf: “So trots daarop om een van die peetma’s te wees vir ons engeltjie, Sistilia. Ek, @briannewmanny en sy vrou, Angie, is al sedert ons kinderdae in die Lower East Side vriende. Dit was ’n pragtige doopplegtigheid en ’n heerlike Italiaanse fees. Ons is lief vir jou, sussie!” Die boorling van New York het ook ’n foto gedeel van haar en haar pa, Joe Germanotta jr., en ’n klomp vriende. Dit is vermoedelik by die ete ná die doopseremonie geneem. Gaga lyk opgewek, al het haar en die akteur Taylor Kinney se paaie verlede week geskei. Hulle was verloof. “Die manne is terug op die dorp,” was haar byskrif by die foto. “Bly my pappa kuier saam met my klomp. Of dat ek saam met syne kuier . . . Ek is nie meer seker nie!” Sistilia is in goeie hande; die popster neem haar plig as peetma baie ernstig op. Die sangeres (30) is reeds peetma vir Elton John en David Furnish se twee seuns, Zachary (5) en Elijah (3). Elton het in Februarie gesê Gaga het ’n baie praktiese benadering.

“Sy koop vir hulle verjaardag- en Kersgeskenke, maar sy is bowenal ’n goeie peetma,” het Elton op die Amerikaanse geselsprogram The Talk gesê. “Sy kom bad hulle en sing vir hulle. Sy vertel vir hulle stories . . . Dis eintlik die beste van alles; dit is die persoonlike element.

© Cover Media