“Ek sal die publiek aanraai om van die gebiede af weg te bely, want dis baie gevaarlik . . . Dis baie, baie gevaarlik,” het Robert van Wyk, ’n natuurbewaarder van die Stad Kaapstad, Woensdag gesê. Hy het bygevoeg dat rook van die brande sig in die gebied kwaai belemmer.

Brandbestryders spits nou hulle nou toe op die Vergelegen-gebied, want vlamme het daarheen versprei.

Die woordvoerder van die stadsraad se brandweer, Theo Layne, het Woensdag mense gemaan om die brandgebiede te vermy tensy hulle dringende sake daar het sodat die bestendige stroom noodvoertuie so vinnig moontlik kan deurkom.

Hy vra veral dat mense nie langs die pad, veral die N2, stilhou om na die brande te kyk nie, want noodvoertuie beweeg so vinnig moontlik deur die gebied en die roete moet oopgehou word.

Theo het gesê meer as 100 brandbestryders het deurnag gewerk om die brande te bedwing wat in die skilderagtige Helderberg naby Somerset-Wes woed.

Die skof wat oorgeneem het by die uitgeputte deurnagspan, wat van Dinsdagmiddag tweeuur tot Woensdagoggend negeuur teen die brandlyn was, sou daarop konsentreer om plaasgrond en residensiële eiendom te beveilig terwyl hulle Woensdagoggend die brandlyn nader.

Brande het hoofsaaklik naby die Bezweni Lodge, Knorhoek en die geskiedkundige landgoed Vergelegen en plaas McGregor gewoed. ‘Mense was wonderlik’ Die 120 brandbestryders wat vandag op die toneel is, word bygestaan deur drie helikopters en twee vliegtuie wat water neerstort op gebiede wat moeilik te voet bereik word. Gisteraand het ’n grootskaalse ontruiming van mense, vee en perde plaasgevind, maar die meeste mense kon vanoggend na hul woonplek terugkeer.

Die Tre Donna residensiële landgoed is ook ontruim.

Intussen het die omliggende gemeenskappe begin hand bysit. Die Somerset-buurtwag het water, oogdruppels, energiedrankies en -stafies voorsien aan die brandbestryders wat hul stryd teen die vlamme voortsit.

“Die mense was wonderlik,” het die buurtwag se koördineerder, Gail Devonshire, gesê.

Vrywilligers het voorrade na die brandspanne van die Stad Kaapstad, Werk met Brand en Kaapse Natuurbewaring gebring.

Theo het gesê Sir Lowryspas is heropen nadat dit Dinsdag gesluit was, maar toegang na die dorpie is steeds afgesper om noodvoertuie onbelemmerde toegang te bied.

Bron: News24