Bluberry_Crumpets

(Lewer 12)

Jou benodigdhede:

375 ml (1½ k) melk

1 eier

10 ml (2 t) vanielje-essens

500 ml (2 k) bruismeel

groot knyp koeksoda

80 ml (? k) strooisuiker

250 ml (1 k) bloubessies, vars of bevrore

30 g botter

1 suurlemoen

1 bakkie mascarpone-kaas

5 ml (1 t) vanielje-pasta

heuning vir voorsit

Klits die melk, eier en vanielje-essens saam. Sif die meel en koeksoda in ’n aparte bak en roer die strooisuiker by. Maak ’n dammetjie in die middel en giet die melkmengsel by. Klits tot net gekombineer en voeg dan die bloubessies by. Verhit ’n groot, kleefwerende pan oor medium hitte. Voeg ’n bietjie botter in die pan. Skep twee opgehoopte eetlepels mengsel in die pan en bak 2-3 min. of tot borrels verskyn. Draai om en bak nog 2 min. of tot deurgaar. Verwyder van die pan, bedek met foelie en hou eenkant. Herhaal met die oorblywende mengsel. Rasper die suurlemoen se skil by die mascarpone in, voeg die vanielje-pasta by en meng deur. Bedien die plaatkoekies warm met ’n skep suurlemoen-mascarpone en ’n bietjie heuning.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.