Louisa Koekemoer, ma van Poppie van der Merwe (die kleuter wie se stiefpa weens haar dood in hegtenis geneem is), is Donderdag ook in verband met die voorval aangekeer.

Louisa (45) is na die polisiekantoor in Brits gebring en daar in hegtenis geneem.

[caption id="attachment_150793" align="alignnone" width="600"]Poppie se ma by die polisiestasie. Foto: Verskaf Poppie se ma by die polisiestasie. Foto: Jacobus Ludick[/caption]

Poppie (3) is op Dinsdag 25 Oktober op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits dood. Louisa en haar man, Kobus Koekemoer (43), het saam met Poppie en haar ouer boetie (5) daar gewoon. Die kleuter is na bewering doodgeskop. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Hospitaalpersoneel het die polisie ontbied en Kobus is daar in hegtenis geneem. Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder in Noordwes, het die arrestasie aan Huisgenoot bevestig.

Sy gaan na verwagting Maandag in die hof op ’n aanklag van moord verskyn.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder in Noordwes, het die inhegtenisname aan Huisgenoot bevestig.

[caption id="attachment_150847" align="aligncenter" width="600"]Jacobus Ludick, aktivis van die Justice for Poppie-groep by die ondersoekbeampte, Sers Gift Motumi buite die Brits-polisiekantoor nadat Louisa Koekemoer aangekeer is. Jacobus Ludick, aktivis van die Justice for Poppie-groep by die ondersoekbeampte, Sers Gift Motumi buite die Brits-polisiekantoor nadat Louisa Koekemoer aangekeer is.[/caption] Louisa sal na verwagting alleen Maandag in die hof op Brits op ’n aanklag van moord verskyn.

Sy sal as medepligtige saam met Kobus Koekemoer aangekla word.

Kobus en Louisa het mekaar op Orania ontmoet en is in November 2015 getroud.

[caption id="attachment_150849" align="aligncenter" width="600"]Louisa en Kobus op hul troudag. Louisa en Kobus op hul troudag.[/caption]

[caption id="attachment_150850" align="aligncenter" width="600"]Die paartjie het mekaar in Orania ontmoet. Die paartjie het mekaar in Orania ontmoet.[/caption]

Hulle is hier by maatskaplike werkers aangegee, maar het kort voor Poppie se dood Brits toe getrek.

Kyk video: ‘Jy gaan vrek,’ skree betoger in hof aan Kobus Koekemoer

Louisa het vroeër in ’n onderhoud haar weergawe van die gebeure vertel ("As ek net geweet het dinge sou so ver gaan", Huisgenoot - 17 November 2016).

hgpoppie

Sy het toe beweer sy was nie teenwoordig toe Poppie na bewering aangerand is waar sy die middag op die sitkamermat gelê en slaap het nie. Sy het aangevoer Kobus was winkel toe omdat hulle die aand sou braai.

Sy en Poppie se boetie is toe na buite om die kruideniersware in die bakkie te gaan haal. Toe hulle weer in die huis kom, het sy besef daar is groot fout met haar kind, het sy vertel.

Sy het beweer in die badkamer het hulle water in haar gesig gespat, maar Poppie het nie asemgehaal nie.

Lees ook: Hartstogtelike snikke en trooswoorde klink op tydens Poppie se begrafnis

Huisgenoot.com het ook vroeër onthul Louisa is op 2 November ontvoer en erg aangerand deur ’n vrou wat haar as ’n polisiebeampte voorgedoen het. Dit was net meer as ’n week ná Poppie se dood. Die polisie ondersoek steeds die voorval.

Kobus is op Maandag 28 November borgtog in die landdroshof op Brits geweier en verskyn weer op 25 Januarie 2017 in die hof.