SY IS die verrassing in die Idols-pakkie.

Onvoorspelbaar, speels en ongetwyfeld met daardie X faktor.

Sindi Nene is rietskraal en sy lyk nie ’n dag ouer as 16 nie, maar die dogtertjiebeeld kan misleidend wees.

Dié meisiekind se stem is amper groter as syself, en wanneer sy op die Idols-verhoog lostrek, kry haar aanhangers net nie genoeg nie.

Sy is gebore vir die verhoog, sê die 22-jarige sanger en vryf haar blonde kuif uit haar oë.

Vandag is ’n besige dag en daar moet nog kleedrepetisie gehou word hier by die Mosaïek Teatro in Johannesburg waar die Idolskonserte gehou word.

Maar waar Sindi in die koelte voor die Teatro ontspan, is daar geen teken van senuwees nie.

In die pylvak na die topvyf betower Sindi steeds die beoordelaars en die gehoor met haar sielvolle stem, net soos met haar heel eerste oudisie in Durban.

Haar optredes is lewendig en vol energie en Sindi verbaas almal elke keer met haar moderne uitrustings en vreemde haarstyle.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 30 September 2010