Die Vrystaatse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, het Maandag gesê hulle is op 27 Junie vrygelaat toe hulle in die Mangaung One-Stop Child Justice Centre verskyn het. 

“Hulle word steeds toegelaat om skool by te woon, maar hul ouers moet nou bewus wees van elke beweging. Daar rus nou ’n groter verantwoordelikheid op die ouers,” het Shuping gesê.

In ’n grafiese video wat ’n paar weke gelede die rondte gedoen het, lê ’n 14-jarige skoolmeisie – wat lyk of sy onder die invloed van drank is – op die grond terwyl twee seuns haar broek ooprits en haar betas.

Almal is in skooluniform geklee.

Een van die seuns het sy hande tussen die meisie se bene gedruk terwyl die ander seun haar bene probeer ophou.

’n Derde seun sê vir een van die twee seuns om die meisie wakker te maak deur sy vinger te gebruik. Hy sê vir hulle om dit vinnig te doen en lag dan.

’n Ander seun sê dan die meisie moet uitgetrek word.

‘Ons soek net jou vagina’

Die seun wat die video maak, sê dan: “Ons wil net jou vagina hê. Gee ons jou vagina en dan sal ons jou uitlos.”

Die meisie kan gehoor word waar sy die seuns smeek om te stop.

Die seun wat die video maak, sê dan: “Ons help jou deur alles wat gebeur het, selfs nou, jou vriende het jou agtergelaat.”

Twee seuns gaan voort om haar broek te probeer aftrek.

Die tiener pleit herhaaldelik by die seuns om te stop en wanneer sy hulle probeer afweer, sê die seun wat aan haar vat: “Moenie aan my raak nie.”

Shuping het gesê die saak is tot 27 Julie uitgestel vir die direkteur van openbare vervolgings (DPP) om ’n besluit te neem. 

Bron: News24