Dis iets wat die meeste van ons maar alte goed ken: sonde met die bure.

[caption id="attachment_123118" align="alignnone" width="600"]Klein Katjie op die skouers van sy eienaar, Pierre, se vrou. Inlas: Só het Katjie in die hokkie vasgesit. Foto's: Papi Morake Klein Katjie op die skouers van sy eienaar, Pierre, se vrou. Inlas: Só het Katjie in die hokkie vasgesit. Foto's: Papi Morake[/caption]

Maar twee bure van die Rosestad is die afgelope tyd in ’n bitter stryd gewikkel nadat die een die ander se geliefde kat, Katjie, in ’n strik in die reën gelos het.

En dit glo omdat Katjie na bewering sy peperduur posduiwe terroriseer.

Pierre, wat nie sy van genoem wil hê nie, vertel sy geliefde wit kietsie is steeds erg getraumatiseer nadat sy buurman Johannes Strydom (70) Katjie verlede week in ’n lokval op sy erf gevang het.

Lees ook: Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Johannes het na bewering ’n piepklein wit hokkie opgestel en ’n sappige hoenderboudjie daarin gehang. Die rede was glo om “enige rondloperkat” op sy erf te vang.

Verlede week was Katjie die ongelukkige kietsie wat in dié strik betrap is.

“Dit het die dag vreeslik gereën,” onthou Pierre die gebeure van daardie dag. Sy huishulp het eerste Katjie se wanhopige gemiaau gehoor.

“Ek het oor die muur (tussen hom en Johannes) geloer; toe sien ek Katjie.

“Hy het verskriklik gemiaau,” vertel Pierre mismoedig.

Lees ook: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

Dadelik het Pierre aan Johannes se deur gaan klop en geëis dat hy Katjie vrylaat en haar voortaan uitlos.

“Dit was nie die eerste keer dat my katte iets oorkom nie,” vertel Pierre. ’n Ruk gelede het Pierre glo een van sy katte dood op sy erf aangetref. Die oorsaak van die kat se dood is nooit bepaal nie, maar gif word vermoed.

“Ons het nog nooit voorheen problem met ons bure gehad nie,” sê Pierre en sug. “Ons het eintlik almal in harmonie saamgeleef.”

Katjie is steeds getraumatiseer en het dae aaneen geweier om uit die kamer te kom. Sy hol steeds verskrik weg vir vreemdelinge.

Toe Huisgenoot gaan aanklop by Johannes, ’n posduifboer, het hy deur sy palisade-heining gesê hy is jammer dat dinge tussen hom en Pierre so uitgedraai het, maar hy kan nie bekostig dat katte sy duiwe vang nie.

“Van die duiwe is tot R6 000 elk werd,” sê hy.

Hy hou vol rondloperkatte het al voorheen van sy duiwe gevang, en dat sy bedoeling nie was om spesifiek Katjie in sy strik te vang nie.

“Ek het glad nie geweet dis hulle kat wat agter in my tuin in die reën vasgevang was nie,” verduidelik hy.

“Jy kan mos sien ek is nie ’n slegte ou nie.”

Kyk hier na ’n video:

Ook op Huisgenoot.com:

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping