'n Man is Maandagaand ernstig in ’n ongeluk beseer nadat hy ’n epileptiese aanval agter die stuurwiel gekry het en deur ’n huis se muur in Bloemfontein gebars het, berig Netwerk24.

Die 35-jarige man het omstreeks 19:00 beheer oor sy BMW in Raytonweg verloor, oor ’n middelman gery en deur die veiligheidsmuur van die huis gery.

Hy is ná die voorval na die Pelonomi-hospitaal gebring.

Die man het glo teen ’n hoë spoed van Lilyvale in ’n suidelike rigting gery toe die ongeluk gebeur het.

Volgens ER24 het die man het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Tienerseun doodgeskok in Springs-vleisfabriek

Video wys hoe 3 mans ‘voornemende rower’ aanrand