Dit gons behoorlik in Bloemfontein oor die besoek van TV se kletskoningin, Oprah Winfrey.

Die Volksblad het Vrydagmiddag berig dat nie eens die koue weer, aanhangers kon weghou nie.

Na bewering is die sekuriteit  by die Bloemfontein-lughawe haarfyn beplan en is twee van die weermag se helikopters ingespan om te sorg dat Oprah veilig is tydens haar blitsbesoek.

Oprah is in Bloemfontein om ‘n eredoktorsgraad in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat (UV) te ontvang.

Klik hier om Oprah se besoek aan Bloemfontein regstreeks op die Volksblad se Twitterblad te volg. 

Volg Huisgenoot op Twitter.