Min het Daniela Liverani (24) van Edinburgh besef dis eintlik die gevolg van ’n bloedsuier wat in haar neus nesgeskop het.

Toe Daniela verlede Donderdag stort, kom sy met ’n skok agter die donker voorwerp in haar neus is in werklikheid ’n diertjie. Sy het aanvanklik gedink dit kan ’n bloedklont wees. “Ek het uit die stort gespring, die spieël ontwasem en klein rimpels op hom gesien.”

Sy is inderhaas hospitaal toe, waar die dokters dit met tangetjies verwyder het. “Dit was aaklig,” vertel sy. “Elke keer dat die dokter aan hom getrek het, kon ek die getrek in my neus voel. En toe, ewe skielik, ná ’n halfuur van pyn, het die dokter die bloedsuier in sy tangetjies gehad. Hy was so lank soos my voorvinger en so dik soos my duim.”

Die bloedsuier, wat Daniela “Mr. Curly” gedoop het, is saam met haar in ’n botteltjie huis toe, maar is die volgende oggend dood.

Daniela vermoed die meneertjie het sy intrek geneem terwyl sy in Augustus in Viëtnam en Kambodja gereis het. “Mr. Curly bevind hom nou êrens in een van die stadsraad se asdromme,” sê Daniela. “Maar ek het hom eers gekook.”

Bronne: BBC.com en Mailonline.co.uk