Die Iranse seuntjie het al op nege maande gimnastiek begin beoefen. Vandag kan hy agteroor bollemakiesie slaan, handstane doen en teen mure en lere uitklouter, om net ’n paar van sy toertjies te noem. Arat se ouers, Mohamad en Fatemeh, wat in Babol in die provinsie Mazandaran woon, sê Arat het geen formele opleiding nie en oefen tussen 10 en 20 minute per dag. Die meeste van sy toertjies is met toerusting wat in die huis te kry is.

A video posted by Arat The Hero (@arat.gym) on

“Toe hy drie maande oud was, het ek eendag by die huis gekom en hy het my vinger in sy hand gesit. Hy het stadig regop gekom, my vinger baie styf vasgehou en sy bene van die grond af gelig. In daardie stadium was ek baie verras oor die krag wat hy gehad het.” Mohamad het ophou werk om elke dag by Arat te wees en hom met sy gimnastiek te help. Die klein akrobaat het reeds 320 000 volgers op Instagram.

?? Arat says : i love marecelo ? ??@marcelotwelve @marcelotwelve , We wish you success ? .

A video posted by Arat The Hero (@arat.gym) on

Bronne: Iranwire.com; Dailymail.co.uk