Daar was 16 mense in een van die rit The Smiler se waens terwyl die ander leeg was toe die ongeluk Dinsdagmiddag gebeur.

’n Lugambulans is na die park naby die stad Nottingham in Sentraal-Engeland ontbied. Die passasiers was 8 m bo die grond gestrand en daar is drie uur ná die ongeluk steeds gewerk om hulle te ontruim. Volgens die nooddienste het 16 mense mediese aandag nodig gehad van wie vier ernstig. Dié vier tieners, twee seuns en twee meisies, het ernstige beenbeserings opgedoen. ’n Plaaslike musikant en omroeper, Danny Simm, het getwiet hy het “mense bewusteloos” gesien. “Bloed oral. Dit was regtig skokkend.” The Smiler het in 2013 geopen en word as die eerste wipwarit ter wêreld met 14 lusse beskryf. Op Alton Towers se webtuiste word die rit beskryf as “nie vir lafhartiges nie”.

Bronne: The Telegraph, Sky News, News.com.au