Sy vlieg moeiteloos deur die lug en blaf opgewonde terwyl sy volspoed die bergpasse aanpak.

Vir Lily die foksterriër is daar niks lekkerder as om agter haar eienaar Ross Downard (31) se bergfiets aan te hardloop as hy vir oefensessies in die veld gaan nie.

Downard het op ‘n dag besluit om sy videokamera saam te neem en het Lily se bergfiets-avonture op film vasgevang.

Ons dink dit is veilig om te sê dat Lily binnekort ‘n nuwe YouTube-ster sal wees.

Kyk die video hier: