Teen rustyd was die telling gelykop (7-7), maar Werner Kok het ’n uitstekende toernooi afgerond toe hy die wendrie in die tweede helfte druk.

Die Blitsbokke het met hul tweede agtereenvolgende oorwinning in die Wêreldreeks (die vorige toernooi was hul tuistoernooi in Port Elizabeth) na die bopunt van die punteleer geskuif. Nieu-Seeland lê nou tweede.

Hul afrigter, Neil Powell, het sy span ná die wedstryd geloof. “Dit was baie intens en ’n moedige vertoning. Hulle het almal vir mekaar gespeel en ongelooflike toewyding aan die dag gelê.”

Die Blitsbokke reis nou na Wellington, Nieu-Seeland, vir die volgende toernooi (7 tot 8 Februarie), waar hulle wil voortbou op hul goeie vertonings onder leiding van hul nuwe afrigter. Powell het verlede jaar die leisels by die ervare Paul Treu oorgeneem, en van toe af het die span in drie van die vier toernooi-eindstryde gespeel.