Die Blitsbokke het die dag goed begin deur Wallis (26-0) en Portugal (27-5) maklik te klop, maar het in die laaste wedstryd teen Engeland vasgeval (5-19).

Die span kom môr-oggend vroeg (04:17 Suid-Afrikaanse tyd) in die kwarteindronde teen Australië te staan.

Die Blitsbokke het die vorige twee toernooie in die IRB-reeks gewen (in Suid-Afrika en die VSA) en is tans boaan die reeks se punteleer. As die span dit dié naweek weer kan regkry, sal dit baie moeilik wees vir die ander spanne in die reeks om hulle in te haal. Die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, beklee tans die tweede plek.

Suid-Afrika kon nog net een keer daarin slaag om die reeks te wen (2008).

  • Die toernooi word regstreeks op Supersport uitgesaai.