2015 was ’n warrelwind-jaar vir Liesl Laurie, maar hoewel sy nie meer Mej. Suid-Afrika is nie, het die pas vir dié 25-jarige skoonheid beslis nie verlangsaam nie. Die skoonheid van Eldoradopark het aangesluit by Jarred Doyle Consulting, ’n plaaslike bestuursmaatskappy vir beroemdes. Hulle verteenwoordig bekendes soos Chris Japhta van Top Billing en die aktrise en TV-persoonlikheid Minnie Dlamini. Lees ook: Sy is die mooiste in die land! Ons het Liesl ingehaal en ’n bietjie met haar gesels oor haar planne en wat sy alles gedoen het ná haar dolle jaar as Mej. SA.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Wat het jy alles gedoen sedert die einde van jou bewind as Mej. Suid-Afrika 2015? Daar was ’n gevoel van onwerklikheid by die wakkerwordslag op die dag nadat ek my kroon oorhandig het. Dit het gevoel asof ek so pas 18 geraak het en vir die eerste keer die huis gaan verlaat om my vlerke te sprei.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on
Dit was die een vergadering en onderhandeling ná die ander vandat die nuwe hoofstuk begin het. Ek het lank beplan aan my toekoms en al wat ek kan sê, is: Wag en kyk, wêreld. My bewind as Suid-Afrika se Mej. Wêreld het ook begin en ek het flink weggespring terwyl ek met my onderskeie organisasies saamwerk om gereed te maak vir die winter van 2016.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Is daar vir jou iets groots in aantog waarna ons kan uitsien?

Daar is! Kom ons sê net ek het baie lank aan hierdie hoofstuk van my lewe gewerk en nou vertrou ek op die Here dat alles goed sal uitwerk. Daar is dus baie om na uit te sien en alles sal aan die lig kom in die dae wat voorlê.

Wat was die onvergeetlikste deel van jou jaar as Mej. SA?

Die onvergeetlikste deel van die jaar moet my tuiskoms in Eldoradopark wees. Ja, dit was ongelooflik om te sien my gemeenskap trek in hul hordes op om die pas gekroonde koningin te sien. Die oomblik wat egter vir my uitstaan en wat my die hele tyd wat ek regeer het, aan die gang gehou het, was die feit dat ek daardie dag aanmekaar die woorde gehoor het: “Dankie dat jy dit vir óns gedoen het.”

Lees ook: Mej SA Liesl Laurie oor dwelms en drome Ek het toe besef my sukses en my storie sal as inspirasie dien vir my gemeenskap en my land. Ook dat my oorwinning vir elke jong mens was wat gevoel het sy/haar omstandighede sou sy/haar lot bepaal. Wat is die grootste les wat jy geleer het as Mej. Suid-Afrika? Die besef dat mense sal vergeet wat jy gesê en gedoen het, maar hulle sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie. Ek het my voorgeneem om altyd liefde en lig te versprei waar ek ook al gaan en ’n nalatenskap van die kind van ubuntu na te laat.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Wat mis jy die meeste? Ek dink ek mis die feit dat ek nie my stiliste en chaperone deurentyd by my het nie. Sy het een van my goeie vriendinne geword en ek sou nie deur die jaar gekom het sonder haar nie. Ntando (Kunene, Mej. SA 2016) is so geseënd om iemand by haar te hê wanneer die groeipyne begin. Die goeie dinge weeg altyd swaarder as die slegtes, maar dis wonderlik om ’n mens by jou te hê wanneer jy ’n drukkie nodig het.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

Wat is jou doelwitte vir vanjaar? Ek het baie planne vanjaar, so baie doelwitte wat ek wil bereik, maar my hoofdoelwit op die oomblik is om my ouma te waardeer solank sy nog hier is. Ek wil graag vir my ’n lewe bou waarby sy kan baat vind, want wat ek vandag is, is die gevolg van al haar opofferings en gebede.
Jy is steeds in die kollig. Hoe verwerk jy dit tans as gewese Mej. SA? In 2015 was die feit dat ek in die kollig is, ’n groot aanpassing vir ’n township-meisie soos ek, en ek het seker gemaak dat ek my omring met ’n wonderlike span om my om my te help oppas. Ek het geleer om getrou aan myself te bly en nooit toe te laat dat ’n afbrekende opmerking my geluk bepaal of dit wegneem nie.

A photo posted by Liesl Laurie (@liesllaurie) on

 Wat maak jou baie opgewonde oor jou toekoms?

Die moontlikheid van dit wat ’n nuwe hoofstuk alles kan bring. Nadat ek ’n belangrike hoofstuk in my lewe afgesluit het, kom die opgewondenheid om te weet dat ek ’n nuwe reis kan begin en voortbou aan Liesl se nalatenskap.

— Shanaaz Prince

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping