Micah Quinones is nog nie eens 'n jaar oud nie en hy maak reeds opslae in die modewêreld.

Die Amerikaanse seuntjie het immers 'n model vir 'n ma en hy het op net elf maande reeds 'n indrukwekkende groep aanhangers op Instagram. Nadat hy sy ma, Amanda Booth, begin vergesel het na modesessies, het talentsoekers hom vinnig raakgesien en ook as model by sy ma se agentskap geteken.

Amanda het al in veldtogte verskyn vir groot name soos Target, Old Navy en Lancôme - en as 'n mens so kyk na die aandag wat haar seuntjie trek, gaan hy moontlik in sy ma se voetspore volg. Amanda deel foto's van Micah op haar Instagram-blad, wat oor die 57 000 aanhangers het. Amanda en haar man het toe Micah drie maande oud was uitgevind dat hy met Down-sindroom gebore is. Sy het aan ABC News in Amerika gesê dat hoewel haar eerste jaar as ma 'n uitdaging was, sy nie haar lewe sonder Micah kan indink nie. Sy het vertel dat een van die mees ongelooflike ervarings is wanneer haar seuntjie in haar oë kyk. "Dis asof hy tot binne my siel kyk," het sy gesê.

A photo posted by Amanda Booth (@amanda_booth) on

A photo posted by Amanda Booth (@amanda_booth) on

Balance, the key to life.

A photo posted by Amanda Booth (@amanda_booth) on

Bronne: ABC News, Metro UK, Instagram