Kathy Beitz ly aan ’n oorerflike afwyking genaamd Stargardt se siekte, wat kinders se sig aantas. Kinders begin geleidelik hul sig verloor, maar behou ’n mate van visie in hul periferiesigveld. Hulle kan baiekeer steeds vorms uitmaak en onderskei tussen lig en donker.

Maar nou maak nuwe tegnologie dit moontlik vir hierdie persone om weer te sien.

In dié video dra Kathy een van die nuwe eSight-brille wat mense met haar toestand help sien. Die tegnologie help haar oë om die beelde van haar periferie reg te fokus sodat sy ’n geheelbeeld kan sien terwyl sy dit dra.

Dit was nie net die eerste keer dat Kathy haar seun gesien het nie, maar ook die eerste keer dat sy ’n baba sien.

Ongelukkig is die eSight-bril tans nog peperduur en kos meer as R170 000. Maar die ontwikkelaars hoop hulle sal die prys gou kan afbring om meer mense te help.

Kyk hier na die video van Kathy wat haar baba vir die eerste keer sien:

Bronne: ABC NEWS; TECH NEWS