ALASKA ’n Blinde 11-jaar oue labrador wat vir twee weke in die sneeu weggeraak het, is wonderbaarlik weer met haar eienaar herenig.

Die hond het op 6 Februarie vanjaar verdwyn en het vir twee weke oorleef in vriestemperature van -4 grade C en kouer. Sy is sowat 800m van haar huis gered toe sy ’n motorfietsryer en sy hond wat met ’n klokkie toegerus is, gehoor het en daarop reageer het.

Haar eienaar het alle hoop verloor om haar weer te vind. “My enigste hoop was om ’n dooie, gevriesde hond weer te vind,” het Ed Davis gesê. Uit dankbaarheid, het hy ‘n beloning van skraps onder R3 000 aan die motorfietsryer gegee.

Naas die 6kg wat die hond verloor het, is sy ongedeerd. Die hond lei aan ’n seldsame outo-immuunsiekte wat haar blindheid veroorsaak.

Bronne: Twitter, newsminer.com, Yahoo News