Niemand kan stry dat die pragtige blondine asemrowend mooi gelyk het op die rooi tapyt in Cannes in die goue rok deur Atelier Versace wat haar kurwes perfek beklemtoon nie. Maar dit was haar daaropvolgende Instagram-inskrywing wat ’n sosialemediastorm ontketen het. “ ’n LA-gesig met Oakland-boude,” het die swanger ster geskryf by ’n foto wat die voor- en agterkant van haar rok wys.

L.A. face with an Oakland booty

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on

Blake het verwys na Sir Mix-a-Lot se aansteeklike liedjie Baby Got Back – maar die inskrywing het die internet op hol gehad!

Dit het meer as 30 000 kommentare gekry wat steeds aanhou groei en talle het die Gossip Girl-aktrise oor die kole gehaal vir die “rassistiese” opmerking. Een het geskryf: “Nog ’n dag, nog ’n ryk wit vrou wat WOC (vroue van kleur) se lywe as ’n grap en kommoditeit gebruik.” Lees ook: Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus Nog een het laat hoor: “Die liedjie op sigself is nie rassisties nie, maar die manier hoe sy dit aanhaal, is beslis. Deur te impliseer dat wit, valse blonde meisies tipies LA of Hollywood en groot boude eie aan swartes is, dra sy by tot die voortslepende objektivering en ontmensliking van swart vroue in die Amerikaanse kultuur. Dis hoekom dit problematies is.”

Daar was natuurlik ook heelwat mense wat vir Blake, wat binnekort ma van twee word, verdedig het.

“Lief vir jou, Blake, ignoreer net die haters. Jy lyk fantasties,” het een aanhanger geskryf. “Ek het beslis nie so goed gelyk toe ek swanger was nie.”

Lees ook op Huisgenoot.com:

Leanne Manas lewer roerende huldeblyk aan Vuyo Mbuli drie jaar ná skokdood

Straler met 66 passasiers aan boord ‘stort neer’ in Middellandse See

Barmhartige Samaritane trotseer vlamme om man van gewisse dood te red

‘Sy is so opgewonde!’: Supermodel verklap geslag van eersteling

Twee mynwerkers steeds vasgekeer nadat skag by Rustenburg ineenstort

Bekende Afrikaanse sanger vir die soveelste keer op moedverloor se vlakte