Die akteur (44), wat getroud is met Deborra-Lee Furness (57) en die pa is van die aangenome kinders Oscar (13) en Ava (8), het op The Kyle and Jackie O Show op die Australiese radiostasie 2Day FM gesê: “Ek neem ’n klein rukkie af. Ek weet nie of ek ’n jaar gaan neem nie; dis my vierde rolprent in ’n ry dié. Ek is besig om baie gierig te wees. Daar is iets soos om in onguns te wees, dis ek.”

Hugh moes lyf wys in die nuwe fliek The Wolverine, wat deel uitmaak van die X-Men-flieks, maar hy vertel hy het nie omgegee nie aangesien dit sy werk is om sy gespierde lyf te wys. Hy voel glo gemaklik om agter die skerms poedelkaal rond te loop, aangesien dit as “normaal” beskou word.

Die Australiër, wat al ses keer die rol van die angswekkende wolf-mens vertolk het, verduidelik: “Jy weet daardie ouens wat regtig daarvan hou om naak te wees? Ek is nie een van hulle nie, maar ek het geen probleme daarmee nie. As ’n akteur moet jy dit doen, dis deel van die omgewing. As jy al ooit agter ’n verhoog was, sal jy weet naaktheid is omtrent so normaal soos om klere aan te hê.”