Johannesburg -

Die weerdiens het gesê toestande wat kan lei tot die uitbreek en verspreiding van veldbrande heers oor die binnekant van die Noord-Kaap, die Weskus-Distriksmunisipaliteit, Kaapse Wynlande en die Sentrale en Klein Karoo, sowel as in die noord-oostelike dele van die Oos-Kaap.

Hittegolftoestande sal na verwagting oor die Weskus-Distriksmunisipaliteit en die Overberg heers tot Maandag, terwyl die hoë temperature oor die Sentraal-Karoo tot Dinsdag gaan volhard.

SA Weerdiens het verder ook gesê warm en vogtige weer sal lei tot uiters ongemaklik toestande oor die noord-oostelike dele van KwaZulu-Natal.

Bron: News24