Hierdie kennisgewing is deur Gauteng Weather op Twitter gedeel. 

Die kouefront sal nie die provinsie bereik nie, maar Gautengers sal wel bibber.

Oor die naweek sal dit ook deels bewolk wees, en die provinsie sal Saterdag ’n maksimum temperatuur van 17 °C ervaar. Die kwik gaan by sowat 13 °C lê wanneer die Springbokke die Franse op Ellis Park pak.

’n Maksimum van 19 °C word vir Sondag voorspel.

“Die kouefront sal teen Saterdag uit KwaZulu-Natal beweeg en ver van Suid-Afrika wees,” het Bransby Bulo, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, gesê.

“Hoewel die kouefront verswak, sal inwoners van KwaZulu-Natal, wat op Vrydag motreën gehad het, ook koudkry.”

Die res van die naweek sal dit bewolk wees. Durban sal teen Sondag warmer word; 22 °C is voorspel.

Wes-, Oos en Noord-Kapenaars kan uitsien na ’n sonnige maar koue naweek met ’n maksimum temperatuur 17 °C teen Sondag.

Geen reën word vir hierdie streke voorspel nie. Volgens Bransby sal dit oor die naweek ooptrek.

Daar word egter ryp vir dele van die Laeveld voorspel.