’n Duitse eBay-gebruiker, “der.juli”, het letterlik sy besittings middeldeur gesny in ’n poging om sy voormalige maat te vermaak. Sy het na berig word haar deel ontvang en hy het sy halwe stukke op eBay geadverteer.

Die artikels wat middeldeur gesny is, sluit stoele, ’n teddiebeer, ’n REM-plaat, ’n rusbank en selfs ’n posbus in. Party van die artikels is baie waardevol – ’n Samsung-televisiestel, ’n iPhone 5, ’n Apple Macbook Pro en selfs ’n Opel-motor.

Hy het ook ’n video genaamd For Laura op YouTube geplaas. Daarop saag hy die artikels middeldeur. Die opskrif is: “Dankie vir 12 ‘mooi’ jare, Laura !!!!! Jy het werklik die helfte verdien.”

Dit eindig met ’n sarkastiese boodskap: “Groete vir my opvolger.”

Dit is nie duidelik of dit net ’n grap is en of daar werklik ’n bitter vete tussen die twee ekse is nie.

Die gebruiker het egter duidelik baie tyd en moeite aan sy optrede bestee. Daar is selfs uitvoerige beskrywings by elk van sy veilings.

Bronne: News.com.au, Yahoo News