Winston Churchill se pittighede het aan hom die top-posisie besorg op die ranglys van die beste beledigings van alle tye.

Die voormalige eerste minister van die Verenigde Koninkryk het in dié meningspeiling stof geskop in die oë van onder andere pres. Barack Obama van Amerika en die Brits gebore aktrise Elizabeth Taylor.

Die top-belediging is toegesnou toe ’n destydse lid van die parlement, Bessie Braddock, Churchill gekritiseer het omdat hy dronk was. Sy antwoord? “Hartjie, jy’s lelik. Môre sal ek nugter wees, maar jy sal steeds lelik wees.”

Nog een van sy beledigings het ook die lys gehaal en is in die vyfde plek.

Hier is die 10 top-beledigings:

  1. Winston Churchill (toe ’n parlementslid hom oor sy dronkenskap kritiseer): “Hartjie, jy’s lelik. Môre sal ek nugter wees, maar jy sal steeds lelik wees.”
  2. Barack Obama (nadat die politikus Sarah Palin gesê het die enigste verskil tussen ’n Amerikaanse veghond en ’n sokkermammie is lipstiffie): “Jy kan vir ’n vark lipstiffie aansit, maar dit bly ’n vark.”
  3. Liberace (ná ’n slegte resensie): “Dankie vir die baie amusante resensie. Nadat ek dit gelees het, het ek al die pad bank toe gelag.”
  4. Noel Gallagher (oor Robbie Williams): “Bedoel jy daai ‘fat dance’ van Take That?”
  5. Winston Churchill (nadat heer Privy Seal hom in die kleedkamer gesteur het): “Sê hom ek kan net een stuk s****t op ’n slag hanteer.”
  6. Frank Sinatra (oor Robert Redford): “Wel, ten minste het hy ware liefde gevind – dis so jammer hy kan nie met homself trou nie.”
  7. Elizabeth Taylor: “Van my beste manlike hoofrolspelers was honde en perde.”
  8. Groucho Marx: “Haar mooi voorkoms is aan haar pa te dankie; hy’s ’n plastiese chirurg.”
  9. Bette Midler (oor prinses Anne): “Sy mal oor die natuur, ten spyte van wat dit haar aangedoen het.”
  10. Liam Gallagher (oor Victoria Beckham): “Sy kan nie eens in ’n reguit lyn loop terwyl sy kougom kou nie, wat nog te sê ’n boek skryf.”

Bron: Orange News