Sê gou weer? Hulle het hul baba WAT genoem? Ons het almal al minstens een keer so gereageer toe ’n Hollywood-ster se baba naam kry.

Indien nie, sou Kim Kardashian en Kanye West se pasgebore dogter, North, wel reaksie uitgelok het. Maar North West is nie die eerste een nie.

Die top-10 interessante, ongewone en sommer net vreemde name:

  1. Blue Ivy. Sy klink giftig. (Dogter van Beyoncé en Jay-Z.)
  2. Zuma Nesta Rock. Met so ’n naam moet hulle die kind dalk eerder wegsteek. (Seun van Gwen Stefani en Gavin Rossdale.)
  3. Jermajesty Jackson. Hoesê, u majesteit? Dit voer alliterasie tot ’n heel nuwe vlak! (Seun van Jermaine Jackson.)
  4. Tallulah Belle. Dit klink soos ’n klein feëprinses. Maar regtig? (Dogter van Bruce Willis en Demi Moore.)
  5. Bear Blu Jarecki. Ingeval ons vergeet: Dis ’n skattige seuntjie. (Seun van Alicia Silverstone en die musikant Christopher Jarecki.)
  6. Daisy Boo Pamela, Petal Blossom Rainbow, Poppy Honey Rosie en Buddy Bear Maurice. Wat word dan van die opwinding om in kinderboeke oor hierdie karakters te lees? (Kinders van Jamie Oliver.)
  7. Bluebell Madonna. Goed, ons sien die inspirasie met haar tweede naam. Maar Bluebell? Waarom tog? (Dogter van Geri Haliwell.)
  8. Apple. Dalk het sy tydens haar swangerskap ’n voorliefde vir appels ontwikkel. Geen ander rede kan hierdie naam verklaar nie. (Dogter van Gwyneth Paltrow en Chris Martin.)
  9. Die tweeling Phinnaeus Walter (seun) en Hazel Patricia (meisie). Moet ek iets oor die seun se name sê? (Kinders van Julia Roberts en Danny Moder. Hul ander kind is Henry Daniel.)
  10. Johan Riley Fyodor Taiwo. Wanneer twee baie mooi mense ’n baba het, gee hulle die kind ’n lelike naam om ’n bietjie balans te skep. Wie wil dan nou volmaak wees? (Seun van Heidi Klum en Seal.)

- Deur Faiza Mallick