Haar karakter in Binnelanders kan mense soms lekker irriteer, maar anders as haar karakter Daleen is die aktrise Desiré Gardner baie gelief.

So gelief dat sy ’n Tempo-benoeming vir die sepie-aktrise van die jaar gekry het.

“Dis ’n groot eer!” vertel sy oorstelp. “Dis baie lekker as jou harde werk raakgesien word.”

En sy weet presies wat sy na die toekenningsgeleentheid gaan aantrek. “Ek gaan ’n rok van Annika Badenhorst dra. Ek dra baie haar rokke en dit laat my altyd pragtig voel.”

Die Huisgenoot-Tempo-toekennings vind op 3 Junie by Emporers Palace plaas. Die ander benoemdes in hierdie kategorie is:

  • Andrea Streso – 7de Laan
  • Annelisa Weiland – 7de Laan
  • Nadia Valvekens – Binnelanders
  • Shaleen Surtie-Richards – Villa Rosa
  • Therese Benade – Villa Rosa

Stem sommer nou vir jou gunsteling, want een leser kan vanjaar met Suzuki ter waarde van R180 000 wegstap. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel; jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat hiermee spog! En daar is ook Samsung-slimfone op die spel!

STEM HIER VIR JOU GUNSTELINGE - SMS OF AANLYN!

- Joshua Carstens

FB