En nou is Almarie du Preez volstoom besig om haar solo-musiekloopbaan na te jaag.

Die mooi donkerkop het pas haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy vir My, uitgereik.

 Die liedjie is deur ’n vorige kêrel geïnspireer. Wie hy is, wil Almarie egter nie verklap nie...

“Dit vertel eintlik meer oor die algemeen van ’n vorige liefdeservaring. Die liedjie gaan daaroor dat jy nie noodwendig oopgestel is vir liefde op die tyd wat iemand in jou lewe kom nie.

Soms besef jy eers later dat die liefde al die tyd reg onder jou neus was. 

“Dit gee hoop dat die mooiste ontmoetings opgesluit lê in daardie oomblikke waar jy nie soek nie (dis misterieus) - en dat dit jou bly vind. Dit neem soms tyd  om te besef dat ’n persoon alles is waarna jou hart smag en selfs al werk dinge nie uit nie, dans die mooi van die herinneringe steeds voort.”

Sy word deesdae gereeld aan die sy van die akteur en Fiësta-ankeraanbieder Viljé Maritz gesien. 

What a lovely day out on the race tracks... #charitymile2016

A post shared by Vilje Maritz (@viljemaritz) on

Hulle was onlangs saam te sien by die akteur Neels van Jaarsveld en die model Jeanne Flynn se troue.

What a weddingly love fest!!! Congrats Neels en Jeannie #lovefest

A post shared by Vilje Maritz (@viljemaritz) on

Viljê het ook op Intagram ’n foto gedeel waar hulle by ’n ander geleentheid saam die dansvloer aandurf.

“As of tyd stilstaan,” het hy in ’n ondersrif by die foto geskryf. 

Hier op het Almarie gereageer: “So kosbaar, dankie,” gevolg deur ’n hartjie.

As if time was standing still...

A post shared by Vilje Maritz (@viljemaritz) on

Vra ons haar of hy die nuwe liefde in haar lewe is, verklap Almarie net: “Jong, kom ons sê net dat hy ’n báie goeie vriend is.”

Almarie het in ’n huis vol musiek grootgeword. “My ouers het my van jongs blootgestel aan alle musiek, van Roy Orbison, Koos du Plessis tot Queen. Vandat ek kan onthou wou ek net sing! Al is my pa ’n argitek het hy ’n baie mooi stem. My ma speel klavier en het my van jongs af aan dié instrument blootgestel. 

Sy was vyf jaar oud toe sy klavierlesse begin doen het en spog vandag met ’n graad 8-musiekgradering van Unisa in klavier. 

In 2010 het sy ’n akoestiese weergawe van die Straatligkinderstreffer se Kan Ek Met Jou Dans verwerk. Sy was ook medeskrywer vir liedjies wat as deel van die klankbaan in rolprente soos Mooirivier en Strikdas gebruik is. 

Later vanjaar is sy teenoor die sanger Heinz Winckler in die Franz Cronjé-fliek The Roar te sien. 

Almarie beoog om in die volgende paar maande nog liedjies vry te stel en hierna ook haar eerste album uit te reik. 

“My plan is om al my ervarings en denke in nuwe musiek te omskep, wat luisteraars sal aanraak en hoop gee. Ek wil graag hê dat my musiek mense moet aanmoedig om ’n bietjie dieper te gaan delf oor die betekenis van hul eie lewens.”