Ramey het gisteraand op sy Facebook-blad aangekondig dat hy uit dié KykNET-sepie geskryf is. Hy is al drie maande gelede weg by die sepie.

'Ek speel nie meer in Binnelanders nie. Hulle het my uitgeskryf.'

“Aan almal wat my bly vra, en dié wat dit nog nie agtergekom het nie, ek speel nie meer in Binnelanders nie. Hulle het my uitgeskryf. Goed het gebeur wat my laat besluit het om liewer te waai,” het hy op die Facebook-blad geskryf.

Ramey speel al van 2008 af die rol van At Koster se susterskind.

Daar is aanvanklik gevra dat hy stilbly daaroor dat hy die sepie verlaat, “maar ná soveel inbox-boodskappe het ek besluit om dit nou te sê en nie heeltyd ‘ek mag niks sê nie; vra vir hulle’”.

Ramey het Binnelanders bedank vir die ongelooflike tyd dat hy by die sepie was en al die geleenthede wat hy gekry het.

“Die show sal altyd aangaan, en Binnelanders bly ’n puik sepie.

“Dit is nou tyd om my vlerke te sprei en ander dinge aan te pak.”