Dan ruk die vragmotor, metaalagtige geluide word gehoor en die vragmotorbestuurder uiter 'n kragwoord. Die vragmotor kantel op sy sy, die windskerm versplinter en die musiek word verdring deur aaklige skuurgeluide.

Só vinnig kan dinge onverwags skeefloop.

Gelukkig lyk dit asof die vragmotorbestuurder ongedeerd daarvan afgekom het, asook asof daar geen ander voertuie by die botsing betrokke was nie.

Op YouTube word gegis dat die ongeluk moontlik deur 'n band wat gebars het, veroorsaak is. Dit is egter nie seker wat die werklike oorsaak was of waar die ongeluk plaasgevind het nie.

KLIK HIER vir meer inligting oor bandveiligheid deur Arrive Alive.