duck Dynasty
Willie is gaande oor dié Suid-Afrikaanse bederfie en verduidelik sommer vir kykers van watter Suid-Afrikaanse diere biltong alles gemaak word.

Hoewel Willie se vrou, Korie, blykbaar nie so beïndruk is deur die biltong nie, moet Willie later keer dat die ander sterre van die reeks, Ci en Jase, sy biltong gaps.

Duck Dynasty is ’n Amerikaanse program wat die Robertson-gesin, ’n gesin wat in die moerasland in Louisiana woon, volg. In Suid-Afrika kan kykers die program op die History Channel sien.

Loer hier onder na die insetsel wat die biltong bevat:

Bronne: YouTube, Traveller24, DStv