Dis luidens ’n navorsingsprojek onder leiding van prof. Melville Saayman, direkteur van die navorsingsinstituut Trees (Tourism Research in Economic Environs & Society) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomse kampus.

Die projek wou die gewildheid en waarde van biltong en wildsvleis in die Suid-Afrikaanse ekonomie bepaal.

“Ons het vir die eerste keer ’n idee van die waarde van biltong; ons het nou ’n syfer wat ons kan verdedig. Dit is eerlikwaar groter as wat ek gedink het en dit is steeds ’n konserwatiewe bedrag, want ons het nie supermarkte bygereken nie. Dit is lekker om te sien dat ons kultuurproduk so gevestig is,” het Saayman gesê.

Hul studie het bevind dat wildsbiltong ’n waarde van R237 772 288 het terwyl beesbiltong se waarde R2 475 899 136 is. Die gesamentlike waarde kom dus te staan op meer as R2 700 000 000.

Bron: Persverklaring