Billboard het Maandag aangekondig die popsangeres sal op 10 Desember by hul jaarlikse Women in Music-geleentheid in New York as hul vrou van die jaar aangewys word.

Sedert Pink se sesde album, The Truth About Love, verlede jaar uitgereik is, het 1,7 miljoen kopieë daarvan verkoop.  Dit bevat drie top-10 treffers, soos die gewilde Just Give Me a Reason.

Onder vorige ontvangers van Billboard se prys vir die vrou van die jaar is Beyonce, Katy Perry en Taylor Swift.

Pink is tans op haar The Truth About Love Tour-wêreldtoer.

- SAPA

sapalogo