Sowat 20 vroue het die 77-jarige Emmy- en Golden Globe-wenner weens seksuele aanranding of verkragting aangekla, maar net die voormalige Playboy-kelnerin Judy Huth het regstappe gedoen.

Aanklaers het gesê weens die wet op beperkings – wat ’n beperking plaas op hoe lank ná ’n beweerde misdaad regstappe gedoen kan word – kan hulle nie met Judy se saak voortgaan nie. “Aangesien daar 40 jaar sedert die beweerde voorval verloop het, sal daar nie aangekla word nie omdat die wet op beperkings verstryk het,” het adjunk-distriksprokureur Victor Rodriguez geskryf.

Sowat 20 vroue het die 77-jarige Emmy- en Golden Globe-wenner weens seksuele aanranding of verkragting aangekla

“Al was daar ’n toepaslike aanklag, was die wet op beperkings vir seksmisdade in 1974 drie jaar; dus sal vervolging vandag vir enige potensiële seksmisdaad van 1974 ook verbied word.”

Die prokureur Gloria Allred, wat Judy verteenwoordig, het nie onmiddellik gereageer op ’n versoek om kommentaar op die aanklaer se besluit nie.

Bill is bekend vir sy rol in The Cosby Show, ’n gewilde sitkom wat in die 80’s in 90’s uitgesaai is.

- Michael Thurston/Sapa