Die 77-jarige akteur is die afgelope maand in ’n skandaal gehul nadat minstens 17 vroue, onder andere die supermodel Janice Dickinson, hom van seksuele aanranding beskuldig het. Bill ontken die bewerings en sy prokureurs het verklarings uitgereik waarin dit veroordeel word.

Judy Huth (50) het nou by die distrikshof van Los Angeles dokumente ingedien waarin sy beweer Bill het haar in 1974 aangeval toe sy 15 was. Daarin sê sy die akteur en komediant het haar by die Playboy-herehuis gemolesteer en vir haar gesê sy moet jok oor hoe oud sy is.

In die saak word beweer Judy en ’n vriendin het Bill aanvanklik op ’n rolprentstel ontmoet. Hulle is toe gevra om na sy tennisklub te gaan waar daar na bewering vir hulle drank gegee is terwyl hulle biljart gespeel het.

“Volgens Bill se reëls moes die klaer ’n bier drink elke keer dat hy ’n pot gewen het,” word in die dokumente beweer. Daarna het die ster glo vir die meisies gesê hy het vir hulle ’n verrassing en hulle na die bekende herehuis geneem.

Sy eis ’n onbekende bedrag skadevergoeding vir “sielkundige skade en geestelike lyding”.

Judy beweer sy is gedwing tot ’n seksdaad waartoe sy nie toestemming gegee het nie en is aangesê om te sê sy is 19 as enigeen vra hoe oud sy is.

Sy eis ’n onbekende bedrag skadevergoeding vir “sielkundige skade en geestelike lyding”.

In 2005 het ’n ander vrou ’n hofsaak teen Bill aanhangig gemaak waarin sy beweer het hy het haar bedwelm en toe aangerand. Dit is buite die hof geskik.

Ten tyde van die skryf hiervan het die ster se prokureur nie op die nuwe hofsaak kommentaar gelewer nie.

Bill is het nog nie tereggestaan op die nuwe bewerings wat teen hom gemaak word nie.

Die ster is die bekendste vir sy verskyning in die Amerikaanse televisiereeks The Cosby Show. Sedert die spul bewerings teen hom gemaak is, het hy verskeie verskynings op geselsprogramme afgestel. Sy beplande werk saam met Netflix en NBC is ook gekanselleer.

Verlede maand het Bill se prokureur John P. Schmitt ’n verklaring deur die ster se webtuiste uitgereik waarin hy die bewerings teen Bill veroordeel.

“Oor die afgelope weke het dekade oue skandelike bewerings teen Mnr. Cosby weer opgeduik,” het hy gesê. “Die feit dat dit herhaal word, maak dit nie waar nie. Mnr. Cosby is nie van plan om hierdie bewerings met enige kommentaar te verhef nie.

“Hy bedank graag al sy aanhangers vir die uitstorting van steun en verseker hulle dat hy op 77 jarige ouderdom sy beste werk doen. Daar sal geen verdere verklaring van Mnr. Cosby of enige van sy verteenwoordigers wees nie.”

© Cover Media