NSFW/Nie Veilig Vir Werk.

twerk fail 1
Die 23-jarige was besig om met Rylan Clark, aanbieder van Big Brother, te gesels oor haar skokkende vertrek uit die program, toe hy haar uitdaag om haar mees sensuele danspassie uit te voer. Die aktrise, wat haarself die “Walliese Beyoncé” noem, het begin om haar sitvlak te wikkel toe die demonstrasie op ’n nare noot eindig en haar helderpienk deurtrekker aan almal ten toon stel.

Maar die werklikheidster het gesê dit kon heelwat erger gewees het aangesien sy dit oorweeg het om geen onderklere aan te trek nie.

“Ongeveer 30 sekondes voor ek die BB BOTS-ateljee moes binnegaan, het ek myself ’n oomblik lank voor die vollengte-spieël in die gehawende toilette beskou. Die beligting was so swak daar dat ek teen ’n selfie besluit het, maar ek het ’n duidelike broekielyn van my deurtrekker gesien,” het sy gesê.

“Ek haat sigbare ’n broekielyn; dus was ek op die punt om my deurtrekker uit te skop en net so op te gaan, want ek het ’n baie lae romp aangehad; dus sou niemand van beter geweet het nie, of so het ek gedink. “Verbeel jou net hoe verleë ek sou gewees het as my hele agterstewe ten toon gestel is. Ek dink ek sou net daar in Rylan se arms gesterf het,” het sy gesê en bygevoeg: “Dank die Vader ek het my beenhare geskeer.” Die video toon die televisiepersoonlikheid waar sy van skaamte gil, op die rusbank neerval en prober om haar naaktheid te bedek. Sy het haar later tot Twitter gewend om oor haar minder wonderlike oomblik op nasionale televisie te gesels, en laat ons net sê daar was hope perskepienk emoji’s.

Bronne: Mashable, EliteDaily, MailOnline