VAN al die kapteins in die geskiedenis van wêreldkrieket is hy die langste in die tuig. Daarby is hy een van die suksesvolstes in toetskrieket.

En kenners reken Graeme Smith (32) kan nog ’n paar jaar toetskaptein wees. Die onlangse Nuweland-sege oor Pakistan was sy 100ste toets as die SA kaptein, ’n groot oomblik vir Biff, wat op 22, ná agt toetse, ons jongste kaptein geword het. En nou het hy op Centurion teen Pakistan ’n rekord van 50 toetsseges as kaptein behaal.

Lees Richard van Rensburg se storie in die 7 Maart-uitgawe van Huisgenoot en sien al Graeme se syfers.