Die 19-jarige sanger se ouma aan moederskant, Diane Dale, het sy onlangse swak gedrag verdedig, al het hy onder meer in ’n slopemmer te piepie, toe geskree “F*** Bill Clinton” (die Amerikaanse oudpresident) en gedrink, al mag mense onder 21 nie in Amerika alkohol drink nie.

Sy het aan Kanada se CTV gesê: “Dis heeltemal gek. Ek kry Justin die hele tyd jammer, want die paparazzi pik gedurig op hom. Almal anders se kinders het dieselfde soort ding aangevang, maar niemand sê iets nie. Voor jy hom kritiseer, vra: Waarmee is my 19-jarige seun besig?” Diane het ook onlangs beweer die Kanadese sanger het ten spyte van sy groot sukses nie verander nie.

Sy het getwiet: “ ‘Wel, die kind het nie veel verander nie’ is een van die grootste komplimente wat ons gekry het.”

Terwyl Diane reken Justin se gedrag is heeltemal normaal, het sy ma, Pattie Mallette, joernaliste versoek om haar nie oor sy omstrede gedrag uit te vra terwyl sy vandeesweek haar outobiografie, Nowhere But Up: The Story of Justin Bieber’s Mom, bemark het nie.

Pattie het wel al voorheen gesê sy dink Justin sal grootword en eindelik sy lewe weer op koers kry.

Sy het onlangs gesê: “My seun is nie vir my ’n openbare figuur nie, hy is my seun. Ek kan nie voorspel wat in die hoofopskrifte gaan verskyn nie. Justin was nog altyd iemand wat dinge op sy eie manier gedoen het. Ek moet glo hy sal die regte ding doen en bo uitkom.”