Dit lyk of Justin Bieber en Harry Styles van die sanggroep, One Direction, in kompetisie is om te sien wie kan die meeste tatoeëermerke kry voor hulle hul tienerjare vaarwel roep.

Bieber gee die One Direction-ster beslis goeie kompetisie nadat hy die afgelope naweek sy nuutste tatoeëermerk op sy Twitterprofiel onthul het.

Die tienerpopsensasie het ‘n nuwe tatoeëermerk op sy linker skouer gekry. Die tatoeëermerk is ‘n kopie van die Stratford Cullitons-hokkiespan se logo en ‘n huldeblyk aan sy oupa, het die Mail Online berig.

Lees meer hier.