Die “Boyfriend”-sanger het nou amptelik die meeste Twitter-volgers. Bieber se totaal staan op 33,331,355 terwyl Lady Gaga 33,327,342 klein monsters het wat haar getrou volg.

Gaga het vir sowat drie jaar lank die meeste volgers op Twitter gehad alvorens Bieber se getroue aanhangers aan hom die nommer-een-plek besorg het.

Gaga het op haar beurt die top-plek by Britney Spears oorgeneem in 2010.

Hier is ‘n lys van die top-Twitterprofiele:

1. Justin Bieber (@justinbieber)

2. Lady Gaga (@ladygaga)

3. Katy Perry (@katyperry)

4. Rihanna (@rihanna)

5. Barack Obama (@BarackObama)

6. Britney Spears (@britneyspears)

7. Taylor Swift (@taylorswift13)

8. YouTube (@YouTube)

9. Shakira (@shakira)

10. Kim Kardashian (@KimKardashian)

-Bang Showbizz