SY HEEL EERSTE TWIET

– 11 Mei 2009 om 20:27.

BIEBS-GUNSTELINGE

Fliek: Rocky IV

Musiek: “Alle soorte, van klassiek tot hip-hop.”

Boek: Rich Dad, Poor Dad (deur Robert Kiyosaki en Sharon Lechter)

Kos: Spaghetti bolognese

Drankie: Lemoensap

TV-program: “Ek kry nie juis tyd vir baie TV kyk nie, maar ek hou van Smallville en Extreme Makeover Home Edition.”

KLEUR: Pers

TOP-TWIETS @ JUSTINBIEBER

Ek’s sexy en ek weet dit 5,540 FAVS, 70 000 RT

Elke meisie daar buite moet haarself respekteer. #real 4,974 FAVS, 62 000 RT

#Glo in jouself 804 FAVS, 50 000 RT

Ek let op. Ek gee om. Ek verstaan jou. #beliebers – Solank julle my liefhet. 1,541 FAVS, 49 000 RT

As julle by my is, sal ek julle nooit los nie. Ons gaan nog lank saam wees. Ek is lief vir julle almal. #BELIEVE that! #Beliebers 2,115 FAVS, 46 000 RT

HY HET ’N HUMORSIN

Sy vier snaaksste (en soms sommer net vreemde) twiets:

  • Nogal verbaas dat niemand die geheime betekenis van #Boyfriend gesnap het nie. As jy mooi luister, sal jy natuurlik agterkom dit gaan oor die migrasie van voëls.
  • Ek het Matt Damon ontdek.
  • Minder spanspek, meer bessies. Ek praat met julle, voorafverpakte vrugteslaaie. Moenie my so verneuk nie.
  • Chuck Norris dra Justin Bieber-pajamas.

DIS SOMMER NET GEMEEN!

Natuurlik is nie almal ’n aanhanger van hom nie en dit sluit bekendes in. Kyk ’n bietjie hier:

  • Die komediant en TV-aanbieder Rivers @Joan_Rivers:

Justin Bieber word gedagvaar vir $9 miljoen deur ’n vrou wat sê sy het doof geraak by sy konsert. Ek sal DUBBEL betaal om hom nie weer te hoor sing nie.

  • Die aktrise Olivia Wilde @oliviawilde:

Bieber, trek jou ***** hemp aan. (Tensy jy al jou hemde in ’n brand verloor het. In daardie geval my innige meegevoel en koop asseblief ’n nuwe hemp.)

  • Die akteur Adam Sandler @adamsandlerfun:

Ek glo nie daaraan om my kinders te slaan nie; daarom laat ek hulle ’n Justin Bieber-hemp en Crocs skool toe dra sodat die ander kinders dit namens my doen.

O, MY LEWE IS MOEILIK!

Justin kla sy bestuurder, Scooter Braun, kry meer tyd af as hy . . . Komaan, dis nie so erg nie!

@justinbieber Ek kry elke dag ’n uur vir middagete. @scooterbraun kry ’n ekstra 15.

Sy 19de verjaardag het nie volgens plan verloop nie. Van sy vriende is toegang tot sy partytjie by ’n klub geweier omdat hulle minderjarig was @justinbieber Slegste verjaardag nog.

Hy was nie ingenome met al die afbrekende mediaberigte nadat hy vir sy vertoning in die O2-arena in Londen laat was nie. @justinbieber Ek verstaan dis deel van die werk om geoordeel te word . . . Maar oordeel my op die feite, oordeel my op die musiek, en oppas watter oordeel jy fel.

Heil, koning Justin van die sosiale netwerke!

Twitter 37 miljoen +

Facebook 52 miljoen +

Youtube 3,5 biljoen trefslae – Hy dra die youtube-kroon met meer as 3,5 biljoen trefslae op sy hoofkanaal, justinbiebervevo. Rihanna blaas in sy nek.

HET JY GEWEET?

’N Ondersoek het getoon net 17,8 miljoen van Justin se miljoene volgelinge is ware Beliebers. Die res is vals volgelinge, wat beteken hul rekeninge is óf vals, óf leeg óf onaktief, maar hulle tel steeds as volgelinge.

BRONNE: TWITTER.COM, PARENTS.COM, JUSTINBIEBERHOOD.COM, STARCASM.NET, BUSINESSINSIDER.COM, HUFFINGTONPOST.COM, CELEBITCHY.COM, METRO.CO.UK